zondag 20 december 2009

Genoeg

Die uroloog, ortopedis
en 'n gewoner soort chirurg
doen alles om te vergewis
of jy van hulle gading is.
Dit gaan desnoods deur been en murg.
Deemoedig laat jy hul begaan,
bevoeg om weg te snoei of te laat staan.
Hulle las 'n aantal meters aan die baan
wat jy moet aflé. Stadigaan
sal jy tog wil terugtrek in 'n burg
aan die einde van 'n doodlooplaan
en daar teen eie tempo taan,
die verdere omweë spaarsaam oorgeslaan.

Elisabeth Eijbers uit Tydverdryf 1996

Geen opmerkingen:

Een reactie posten